fbpx

LTE vs Koordloos – Bytes Verduidelik

Jy het die term LTE al baie gehoor. Jy weet dat dit met ‘n SIM kaart werk en aan ‘n koordlose netwerk koppel. Sovêr jy weet kan jy dit by jou naaste selfoon winkel kry. Jy het nou gehoor mense praat van ongepropte koordlose internet en nou voel jy verwar, want die enigste koordlose internet waarvan jy weet is LTE en dit is beslis nie ongeprop nie en baie duur laaste toe jy gekyk het (wat vanoggend was).

LTE en Koordlose internet is twee baie verskillende goed. Beide lewer baie vinnige internet oor ‘n koordlose netwerk, maar daar is ‘n paar baie belangrike en fundamentele verskille.

Ons is gewoond aan dienste soos ADSL waar die pakket wat jy het die spoed van jou konneksie bepaal asook hoe baie jy van die net kan aflaai. LTE doen weg met die spoed beperking wat beteken jy kan ‘n aflaai spoed van selfs 100M verwag, maar 20M-30M is waarskynlik ‘n meer realistiese verwagting. Die spoed hang af van die hoeveelheid gebruikers wat aan die selfde toring koppel asook jou afstand van die toring en sein gehalte. LTE is nie beskikbaar in ongepropte pakkette nie en data kostes, hoewel dit alreeds minder is as in die verlede, is heelwat hoër as die van tradisionele internet konneksies. Waarskynlik een van die meer prominente verskille is dat LTE ‘n SIM kaart met ‘n spesiale modem nodig het en aan ‘n selfoon operateurs se netwerk koppel. LTE kan maklik rondgeskuif word in ‘n dekkingsarea.

Koordlose internet is ‘n meer moderne vorm van tradisionele internet. Dit het ontstaan om internet meer toeganklik te maak in plattelandse gebiede, maar het die afgelope 10 jaar al meer gewild geword in dorpsgebiede. Dit bied nie die blitsige hoë spoed van ‘n LTE konneksie nie, maar is ‘n uitstekende alternatief tot ADSL. Koordlose internet bied aflaaispoed van tot 12M (en selfs meer). ADSL kan tot ‘n maksimum van 4KM vanaf die naaste sentrale werk, maar die spoed word laer hoe verder jy wegbeweeg. Koordlose internet maak vinnige breëband internet meer toeganklik vir normale mense, want dit het nie hierdie beperking nie. Operateurs kan selfs hulle grootste pakkette aanbied aan kliente so vêr as 10KM vanaf die naaste toring.

Koordlose internet bied wel ongepropte pakkette teen baie bekostigbare pryse aan. Installasie kostes is gewoonlik die grootste kommer vir gebruikers, maar operateurs het dit besef en bied aan gebruikers gratis installasie en gebruik van die toerusting aan indien die verbruiker bereid is om ‘n 24 maande ooreenkoms met die verskaffer te sluit.

Hier is ‘n paar feite in ‘n neutedop om jou te help die regte keuse maak:

Ons kan egter nie namens jou kies nie, maar ons kan riglyne daarstel. Indien jy ‘n internet konneksie benodig wat konstante spoed lewer met ‘n onveranderlike koste en geen beperkinge nie is koordloos die regte produk vir jou. Indien jy nie meer as 200GB per maand nodig het nie en ‘n produk nodig het wat jy kan ronddra is LTE waarskynlik die beter opsie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *